Sondag 04 Maart 2012

Hawe vir die hart

Oor die aarde span miljoene paaie;
silwer brûe strek oor grys riviere,
skepe lê voor anker in verre vreemde baaie... 
steeds bly nog die soektog na 'n hawe vir die hart.

Deur die dieptes van die sewe seë
volg polarisbote hulle seine,
ruimtetuie baan na ver planete hulle weë...
onbekendes om ons dra in stilte hulle smart.

Maar ek en jy? Ons loop verby
en laat die vreemdeling agterbly.
Hy mis die sonskyn van 'n glimlag.
En as hy na jou kant toe kom,
het jy nog tyd en plek vir hom,
of bly jy soos 'n skulp gesluit?

                                                                                
Woorde en melodie deur Harald Thiede
Uitgewer SAMRO
Verskyn op Matthys Roets se CD "Brug na êrens" 
(Platinum 2000 -Beperkte uitgawe)

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking