Sondag 04 Maart 2012

Huppelkind

Huppelkind, jy volg die son
jy jaag die wind, so of jy vlinders wil vang
in die hande
wat nooit sal seermaak nie.

Huppelkind, die maan rol oor die heuwel snags,
die sterre skyn net vir jou
en die bome sus jou aan die slaap.

Jy leer my weer verwondering
vir die reënboog in 'n waterval gevang;
hibiskusblomme dans 'n fantasieballet.

In jou oë die lentelig; 'n mens kan al jou drome daar vind.
In jou hart dra jy jou eie hemel saam.

Huppelkind, die son raak in die berge weg,
die sterre skyn net vir jou
en die bome sus jou aan die slaap.

                                                                                              
Woorde en melodie deur Harald Thiede
Uitgewer SAMRO
Gesing deur Esperanza Combrink
(SAUK transkripsie-opname LT-21646/7)

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking