Woensdag 01 September 2021

'n Wals vir Debby -


Waar sy droom en speel:
met haar poppe; 'n beer; hansworse; 'n prins,
haar klein wêreldjie deel -

Leef die liefste kind,
onbewus van die vrae en vrese
wat grootmense oral vind.

In die son, draai sy op die maat van deuntjies-
wysies van suiwer goud
so fyn dat net sy dit kan hoor.

Eendag, veels te gou
is sy groot en verlaat sy haar poppe, haar prins
en haar lawwe ou beer.

Ag, dan fluister hul sag:
'ons sal hier vir jou wag'.
En ook ek sal haar mis
as sy gaan, dié dag.
(Afrikaanse vertaling deur Harald Thiede).

Waltz for Debby


In her own sweet world-
populated by dolls and clowns and a prince
and a big purple bear-

Lives my fav'rite girl,
unaware of the worried frowns that
we weary grown-ups all wear-

In the sun she dances to silent music-
songs that are spun of gold
somewhere in her own little head.

One day all too soon
she'll grow up and she'll leave her dolls and her prince
and her silly old bear.

When she goes they will cry-
as they whisper good-bye-
They will miss her, I fear,
but then, so will I.

                                                                                       
Oorspronklike lirieke: Gene Lees
Musiek: Bill Evans
(Eerste uitgawe: 1964)

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking